SOLIDARITEIT HELPENDE HAND ASSESSERINGSVORM
Solidariteit Helpende Hand vrywilliger-takke en streekkantore poog om bystand te mobiliseer gedurende tye van nood en daarom is dit noodsaaklik dat daar vasgestel word wat u omstandighede behels. Dit is nodig dat hierdie aansoek so eerlik as moontlik voltooi word ten einde u behoeftes te kan bepaal en daar in samewerking met uself, kerke, maatskaplike kantore en ander hulpbronne in u direkte omgewing gesoek kan word na moontlike hulp en/of oplossings.
VOORWAARDES VIR HULPVERLENING
Solidariteit Helpende Hand hou die reg voor om ander partye te kontak om u posisie te bevestig. Indien daar nie samewerking van u kant is nie, behou Solidariteit Helpende Hand die reg voor om hulp te onttrek.
Indien u uself aan alkohol- of dwelmmisbruik skuldig maak, sal enige hulpverlening gestaak word. Helpende Hand hou die reg voor om indien nodig, ‘n welsynsorganisasie te betrek.
DIE VOLGENDE DOKUMENTASIE MOET HIERDIE AANSOEK VERGESEL:
• Afskrif van Identiteitsdokumente
• Afskrif van Salarisstrokies
• 3 Maande se Bankstate
Indien verdere dokumentasie benodig word, sal u in kennis gestel word.
AANVAARDING VAN VOORWAARDES
Hiermee bevestig die ondergetekende dat die inligting vervat in die assesseringsvorm korrek is en dat die bogenoemde voorwaardes van Solidariteit Helpende Hand aanvaar word.