Bepalings en voorwaardes vir ATKV-Crescendo
Deur die ondertekening van hierdie inskrywingsvorm aanvaar ek dat ek ten volle bewus is van die inhoud van die amptelike reëls en regulasies soos dit hieronder uiteengesit is en dat ek dit onvoorwaardelik aanvaar.
Ek verklaar ook dat ek myself beskikbaar sal stel vir die mentorskapprogram van die ATKV-Crescendo en gemeenskapsgerigte opleiding indien ek deur die mentors gekies word.
Ek verstaan ook dat my toelating tot die mentorskapprogram nie noodwendig ’n waarborg is dat ek aan ATKV-Crescendo se finale slypskool gaan deelneem nie. Die finale keuse vir deelname aan die finaal sal deur die mentors bepaal word volgens elke finalis se vordering tydens die mentorprogram.
1. Enige persoon mag inskryf met dien verstande dat hy/sy ouer as 18 jaar is en
aan die bepalings en voorwaardes voldoen.
2. Groepinskrywings is welkom.
3. Alle inskrywings moet eie, oorspronklike komposisies wees.
4. As meer as een party by die skryf en komponeer van ’n liedjie betrokke was,
moet alle partye wettige goedkeuring tot die inskrywing verleen. Hierdie
toestemming is in geheel die verantwoordelikheid van die persoon wat die
inskrywing indien en die registrasie van die intellektuele eiendom van die
liedjie berus in geheel by dié persoon.
5. Elke inskrywing moet vergesel wees van ’n oudio-opname en ’n afskrif van die
lirieke van die liedjie.
Die volgende bepalings het betrekking op komposisies deur die sangers en skrywers en die oorspronklike verwerkings wat opgevoer sal word, sowel as op enige verwerkings van bestaande en geregistreerde komposisies deur ander skrywers en die nodige is van toepassing op musikante:
a. Geen kunstenaar, insluitend die skrywer(s) as deelnemer(s) aan die projek,
mag die liedjie voorheen opgeneem het en vir kommersiële doeleindes
versprei het nie.
b. Die komposisie van die liedjie sal in sy geheel die eiendom van die skrywer(s)
bly insluitend enige ander weergawes van die liedjie wat tydens die finaal, in
oorleg met die uitvoerder van die liedjie en/of sy/haar/hul verteenwoordigers
skaafwerk benodig. Die verdeling van enige tantieme vir die komposisie, sowel
as registrasie van die komposisie by SAMRO, bly die verantwoordelikheid van
die liedjieskrywer(s) en/of medeskrywers.
c. Indien ’n inskrywing deurdring na die ATKV Crescendo-finaal, behou die ATKV
hom die reg voor om ’n oudio- sowel as ’n musiekvideo-opname van die liedjie
te gelas, en albei die opnames sal vir altyd die eiendom van die ATKV bly. Die
ATKV sal alle opnames op digitale verspreidingsplatforms behartig, en alhoewel
die opnames aan die ATKV behoort sal die kunstenaar(s) geregtig wees op
85% van tantieme. Registrasie van liedere by CAPASSO en SAMPRA en ander
platforms word deur die ATKV bestuur.
d. Die skrywer(s) onderneem om op eie onkoste die uitdunfase by te woon indien
hulle inskrywing(s) deurdring.
e. Die organiseerders onderneem om die onkoste van die skrywer(s) van die
liedjie(s), wat deurdring na die ATKV-Crescendo-finaal vir een week, of soos
bepaal deur die organiseerders, te dra en van alle huisvesting, etes en
kursusmateriaal te voorsien tydens die afrondingsprogram van
ATKV-Crescendo.
f. Die mentors se besluit(e) is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer
word nie.
g. Inskrywings sal nie teruggestuur word nie.
h. Geen werknemers van die ATKV en die borge en/of hul gesinslede mag
deelneem nie. Die ATKV en die borge word gevrywaar teen enige eise wat mag
voortspruit uit deelname aan ATKV-Crescendo.
i. Met die ondertekening van hierdie vorm, bevestig ek dat ek kennis geneem het
van die ATKV se Artikel 18-kennisgewing op die organisasie se amptelike
webtuiste en stem ek in dat my persoonlike inligting versamel mag word.
j. Met die ondertekening van hierdie vorm gee ek toestemming dat die ATKV nie
hoef te voldoen aan die verpligtinge wat Artikel 18(1) van die Wet op
Beskerming van Persoonlike Inligting uiteengesit word nie.
k. Met die ondertekening van hierdie vorm bevestig ek dat die ATKV my spesiale
persoonlike inligting, soos in Artikel 26 van die Wet op Beskerming van
Persoonlike Inligting uiteengesit, mag versamel