• Begin asseblief hier

  • Riglyne en tegniese wenke

  • Riglyne:

    • Die voorsteller (nominant) moet duidelik motiveer waarom 'n bepaalde kandidaat/ instansie genomineer word.
    • Om die nominasievorm te voltooi sal u asseblief die volgende dokumente nodig hê:

      1. U geskrewe motivering vir die nominasie van die kandidaat (500 tot 800 woorde en nie meer as 1500 woorde nie).
      2. CV van die genomineerde kandidaat
      3. Publikasielys van werke/boeke ens. gepubliseer deur die kandidaat
      4. Onlangse foto van die kandidaat
      5. Enige ander dokumente ter stawing van u nominasie van die kandidaat.

    • 'n Nominasie moet deur ’n voorsteller en twee sekondante onderteken word.
    • Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word.
    • By die toekenning van die prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van 'n nominasie wat nie suksesvol is nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie, nie met voorstellers (nominante) en ook nie met kandidate nie.
    • Sluitingsdatum vir nominasies: Maandag, 24 Junie 2024
    • Rig enige navrae oor die inhoud van nominasies aan dr Linda Brink by linda@akademie.co.za

     

    Tegniese wenke:

    • Voorstellers (nominante) moet asseblief al die verpligte velde van die nominasievorm voltooi wat met ’n * aangedui is.
    • Volg asseblief die instruksies by elke vraag nougeset.
    • Stuur enige tegniese navrae oor die nominasievorm aan akademie@akademie.co.za
    • NB: die grootte van dokumente wat opgelaai word saam met die nominasievorm moet asseblief nie groter as 2GB wees nie (in totaal)
    • Formaat: SLEGS .pdf dokumente kan opgelaai word.

     

    Nominasievorm om 'n persoon te nomineer

    Indien u 'n persoon wil nomineer, kliek op die BEGIN-ikoon onder aan hierdie bladsy om die aanlyn nominasievorm te voltooi.

     

    Nominasievorm om 'n instansie te nomineer

    Voorstellers wat 'n instansie wil nomineer vir die Jan H Maraisprys vir 2024 kan asseblief hierdie aanlyn vorm voltooi.

     

    Indien u ondersteuning nodig het met die aanlyn nominasievorms stuur asseblief 'n e-pos aan akademie@akademie.co.za

    Indien u verkies om 'n PDF-weergawe van die vorms te ontvang om u nominasie te voltooi en per e-pos te stuur, versoek asseblief die PDF-weergawe van die vorms by akademie@akademie.co.za

     

  • Afdeling 1: Besonderhede van die genomineerde kandidaat

  • Afdeling 2: Genomineer deur:

  • Clear
  • Afdeling 3: Sekondante:

    Die nominasie deur die voorsteller moet deur twee sekondante ondersteun word.
  • Clear
  • Clear
  • Afdeling 4: Motivering vir nominasie:

    Laai asseblief die dokumente vir u motivering van die nominasie op hierdie skerm.
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Beskou privaatheidsbeleid hier

  • Should be Empty: