Inskrywingsvorm_Oud Logo
  • Inskrywingsvorm_Oud

    Aansoek om toelating tot die Kleuterskool@deLand in Potchefstroom
  • Hierin na verwys as “Kleuterskool@deLand / die kleuterskool”
    Die Aansoeker/Ouer doen hiermee aansoek om toelating van die kind tot Kleuterskool@deLand. Deur die ondertekening van hierdie vorm, sal die inhoud hiervan die ooreenkoms tussen die partye hiertoe vorm.

  • Hiermee doen ek aansoek vir   *   *   
    Gebore op     Pick a Date       
    Vanaf   Pick a Date .  

  • Neem asseblief kennis, om hierdie aanlyn-aansoek suksesvol in te dien, sal u die onderstaande vorms elektronies aan die aansoek moet heg hieronder. Sien asseblief toe dat hierdie dokumentasie elektronies beskikbaar is op die toestel waarmee u die aansoek voltooi:

    1. Afskrif van leerder se geboortesertifikaat 
    2. Afskrif van kliniekkaart
    3. Afskrif van beide ouers se ID dokument
    4. Bewys van adres
    5. Bewys van betaling - registrasiegelde
      NB: Alle dokumente moet geparafeer en geteken wees.

    ***Indien u kind nog nie gebore is nie, is dokument (1) en (2) nie nodig nie. Laai asseblief in hierdie twee dokumente se plek 'n verklaring op wat die verwagte datum van geboorte meld.

  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • AFDELING A

    ALGEMENE BESONDERHEDE VAN DIE KIND: KANTOORLEÊR
  • Dit bly die ouers/voog se verantwoordelikheid om Kleuterskool@deLand skriftelik in kennis te stel wanneer enige van die ouers/voog se onderstaande besonderhede (epos adres, telefoonnommers ens.) verander het. Dit is baie belangrik dat Kleuterskool@deLand te alle tye die korrekte persoonlike besonderhede van die ouers/voogde het in die geval van nood.

  •  - -
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • AFDELING B

    BESONDERHEDE VAN OUERS / WETTIGE VOOGDE
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Powered by Jotform SignClear
  • Powered by Jotform SignClear
  • AFDELING C

    FINANSIËLE OOREENKOMS/ADMINISTRASIE VAN SKOOLFOOIE
  • 1. REGISTRASIE EN DOKUMENTASIE

    • Registrasiefooi – Eenmalige vooraf betaalde bedrag van R600.00 NIE-terugbetaalbaar per leerling vir die jaar (Registrasie kan nie gefinaliseer word alvorens betaling binne 7 dae na aanvaarding nie ontvang is nie.)
      Alle toepaslike dokumente moet aangeheg word saam met die inskrywingsvorm. Die aansoek kan nie daarsonder ingedien word nie. Bewys van betaling aan Kleuterskool@deLand per e-pos aangestuur word. Ouers sal van suksesvolle/onsuksesvolle aansoeke in kennis gestel word.


    2. SKOOLFOOIE EN ERKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID

    • Maandelikse fooie is vooruitbetaalbaar, vanaf Januarie tot en met Desember.
    • Maandelikse fooi:
      • Voldag - R3000.00 x 12 maande (sluit ontbyt, 2 x peuselhappies, sap en middagete in)
      • Halfdag – R2600.00 x 12 maande (sluit ontbyt, peuselhappie, sap en middagete in)
      • Bankbesonderhede:
        • Kleuterskool@deLand (PTY) Ltd
        • Nedbank, Rekening nr: 1190718286, Takkode: 198765 Verwysing: U kind se naam en van
        • SKOOLFOOIE MOET TEEN DIE 2DE VAN ELKE MAAND BETAAL WORD
    • Skoolfooie is onderhewig aan ʼn jaarlikse verhoging soos vasgestel deur die Direksie.
    • Indien einge skoolgelde nie op die gemelde datum vereffen is nie, behou Kleuterskool@deLand die reg voor om ‘n boete te hef.
    • Indien die Kleuterskool enige geregtelike stappe moet neem ter verhaling van enige bedrae verskuldig, sal die Aansoeker/Ouer/Persoon wat verantwoordelik is vir betaling van die gelde ook verantwoordelik wees vir alle regskostes.
    • Beide die ouers kies die adresse soos aangedui as hul onderskeidelike adresse, indien sodanige persoon aanspreeklik sou wees vir die koste van opsporingsagente.
    • Indien die ouer wat verantwoordelik is vir die betaling van die skoolgeld, nie sy/ haar verpligtinge t.o.v betaling nakom nie, sal die ander ouer/voog steeds verantwoordelik gehou word vir die betaling daarvan.
    • Ek/ons die ondergetekende Vader, Moeder, Aansoeker en soos omskryf in Afdeling B hiervan stem hiermee in en toe en bevestig dat ek/ons aanspreeklik is teenoor die Kleuterskool vir die bedrae uiteengesit hierin.

    3. OPSKORTING VAN SKOOLBYWONING

    • Die Kleuterskool behou die reg voor om addisioneel tot die regte van die Kleuterskool soos hierin uiteengesit, by nie-betaling van skoolfooie soos uiteengesit in paragraaf 3 ‘n kind na 1 maand se agterstallige fooi toegang tot die skool te weier.


    4. KENNISGEWING: VERLATING VAN DIE SKOOL

    • Die ouer(s)/voog(de) stem toe dat hulle 1 (een) kalender maand skriftelike kennis sal gee van hulle voorneme om hul kind(ers) uit die skool te neem.
    • Die ondergetekende is steeds verantwoordelik vir die betaling van die kennis maand.
    • Kennis sal nie aanvaar word gedurende November- & Desembermaand nie.
    • Indien die ouers die kleuter uithaal tydens die kennismaand, is hul steeds verantwoordelik vir die betaling van die volle kennismaand.
    • Die ondergetekende aanvaar hiermee verantwoordelikheid vir die betaling van enige en/of alle regtelike kostes wat deur die Kleuterskool aangegaan mag word om uitstaande KANSELLASIE fooie te verhaal.
  • Powered by Jotform SignClear
  • Powered by Jotform SignClear
  • AFDELING D

    ALGEMENE BESONDERHEDE: INLIGTINGSLEÊR
  • Powered by Jotform SignClear
  • Powered by Jotform SignClear
  • AFDELING E

    MEDIESE BESONDERHEDE
  • AFDELING F

    VRYWARINGS EN GEDRAGSKODE
  • 1. TOEGANG

    • Die reg van toegang tot die perseel word ten alle tye voorbehou.
    • Alle persone en kinders wat Kleuterskool@deLand betree, doen dit geheel en al op eie risiko.
    • Alle persone wat Kleuterskool@deLand se eiendom betree, die ouers van kinders en die partye tot hierdie
      ooreenkoms, onderneem om die reëls en regulasies van Kleuterskool@deLand stiptelik na te kom en bevestig
      dat daardie reëls by hierdie ooreenkoms ingelyf word as deel daarvan.


    2. ALGEMENE VRYWARING

    • Hou asseblief in gedagte dat kinders met alle oorgawe moet kan deelneem aan die dag tot dag aktiwiteite van
      die skool. Trek asseblief die kinders dienooreenkomstig aan. Alle redelike sorg sal ge neem word om enige
      eiendom wat aan Kleuterskool@deLand toevertrou word op te pas, maar weens die ouderdom van die kinders
      en spel wat plaasvind is dit natuurlik dat ongelukkies plaasvind en dat items beskadig kan word.


    MAAK ASSEBLIEF SEKER DAT ALLE ITEMS BEHOORLIK GEMERK WORD!


    Deur hierdie dokument te onderteken stem ek/ons as ouer(s)/ voog(de) in dat ek/ons sal seker maak dat ons/my kind al sy/haar nodige klere/eiendom het teen die einde van die dag. Indien enige items vermis word sal ek/ons dit onmiddellik aanmeld en die nodige reëlings tref om ondersoek in te stel daarna. Verder neem ek/ ons kennis van die volgende:

    Siek kinders & medikasie

    • Kleuterskool @ deLand sal die ouers/voog van hul kind dadelik in kennis stel indien die kind siek word.
    • Wanneer die kind ‘n koors het en sleg voel, sal Kleuterskool@deLand die ouers/voog vra om die kind huis toe te neem.
    • Afgesien van die kind wat siek voel by die skool, is die situasie onregverdig teenoor ander kinders asook die personeel van Kleuterskool@deLand, omdat hulle onnodig aan infeksie blootgestel word. Dit veroorsaak ook her-infeksies by ander kinders en ondermyn die goeie werk van ander ouers/voog wat verantwoordelik optree wanneer hul eie kind siek is.
    • Die volgende word van ouers/voog vereis:
      • Reageer stiptelik op personeel se oproep wanneer u kind siek is.
      • Om nie u kind skooltoe te stuur wanneer hy/sy siek is nie.
      • ‘n Doktersnota te kry wat stipuleer dat u kind nie meer ander kinders kan aansteek nie en dat die kind
        gesond genoeg is om terug te keer skool toe.
      • U kind/kinders moet tuis bly ten tye van:
      • Onbeheerbare diarree en braking.
      • Enige tekens van koors.
      • Mondsere gepaard met kwyl, vel uitslag met koors en enige aansteeklike siekte, tensy ‘n mediese dokter
        die kind se siektetoestand as onaansteeklik verklaar.
      • Oog-infeksies (konjunktivitis) met ‘n afskeiding.
      • Kopluise en neute (luiseiertjies).
      • Personeel by die Kleuterskool is onder streng instruksies om geen medikasie toe te dien nie.

    3. INSTAPPIES / UITSTAPPIES / OPVOEDKUNDIGE BESOEKE / ALGEMENE SKOOLAKTIWITEITE / BUITE
    KURRIKULÊRE AKTIWITEITE

    • Ek is bewus daarvan dat die Kleuterskool@deLand (hierna genoem “die kleuterskool”) van tyd tot tyd aktiwiteite reël, soos instappies, uitstappies, opvoedkundige besoeke wat met die kurrikulum en ander bedrywighede van die Kleuterskool verband hou (“aktiwiteite”);
    • Ek besef dat alhoewel die Kleuterskool alle voorsorg tref om my kind se veiligheid en welstand te verseker tydens skoolure en gedurende enige aktiwiteite, die Kleuterskool nie die veiligheid en welstand van my kind ten alle tye kan waarborg nie.
    • Ek gee hiermee toestemming dat my kind aan enige amptelike georganiseerde aktiwiteite van die kleuterskool en alle normale kurrikulêre bedrywighede van die kleuterskool, mag deelneem. Indien ek my kind wil onttrek van bogenoemde, sal ek die kleuterskool skriftelik daarvan in kennis stel.
    • Ek gee verder toestemming dat:
      • indien my kind om enige rede hoegenaamd vervoer moet word deur middel van ʼn motorvoertuig, hetsy in die geval van nood of ten aansien van ʼn aktiwiteit, my kind vervoer mag word deur ʼn wettige vervoer operateur of
      ʼn werknemer van die Kleuterskool
      • indien mediese behandeling/chirurgiese ingryping vir my kind nodig mag wees en die Kleuterskool na redelike pogings onsuksesvol was om vir my of die aangewese kontakpersoon (wie se naam en besonderhede in die “Aansoek om toelating tot die Kleuterskool” verskyn in die hande te kry, die betrokke skoolhoof of haar gevolmagtigde, toestemming namens my mag gee tot die mediesebehandeling/chirurgiese ingryping;
    • Ek verklaar dat my kind fisies in staat is om aan enige aktiwiteite van en normale bedrywighede by die Kleuterskool deel te neem en dat my kind in goeie gesondheid verkeer. Ek bevestig ook dat ek die Kleuterskool van alle feite en gebreke rakende my kind se liggaamlike vermoë en gesondheid in kennis gestel het.
    • Ek aanvaar dat ek verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van uitgawes, mediese rekeninge en/of hospitaalrekeninge indien van toepassing, in geval van besering van my kind.
    • Ek vrywaar en stel die Kleuterskool, lede van die Direksie en werknemers skadeloos teen enige skade, eise of aanspreeklikheid wat mag ontstaan weens skade aan of verlies van eiendom, liggaamlike besering, siekte of dood wat my of my kind raak en wat verband hou met my kind se deelname aan enige aktiwiteite (insluitende die vervoer van my kind) of kurrikulêre bedrywighede van die Kleuterskool.
    • Ek vrywaar en stel die Kleuterskool, sy lede, lede van die Direksie en werknemers skadeloos teen enige skade, eise of aanspreeklikheid wat mag ontstaan weens skade aan of verlies van eiendom, liggaamlike besering, siekte of dood wat my of my kind raak en wat verband hou met my kind se deelname aan enige buitemuurse of buitekurrikulêre aktiwiteite wat plaasvind buite die normale besigheidspersele van die Kleuterskool (hetsy dit tydens of buite skoolure plaasvind).

    4. POPI ACT

    Ons ontvang gereeld versoeke om foto’s en ander digitale materiaal op te neem en te deel met die ouers. Ons neem kennis van die feit dat dit die ouers mag wees wat hierdie materiaal aanvra, alhoewel ons vir ons eie rekord doeleindes graag u
    toestemming op skrif wil plaas. Alle kinders het ook hul eie profiel/lêer by die skool wat hulle en hul ouers se persoonlike inligting vervat. Hierdie inligting was deur u (die ouer/ wettige voog) verskaf en word veilig gestoor. Ons bevestig dat hierdie inligting nie aan enige derde partye meegedeel sal word sonder u skriftelike toestemming nie. Ons wil ook graag amptelike skoolfoto’s asook foto’s van die jaar se verrigtinge neem en met u deel. In terme van artikel 11 van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, No.4 van 2013/ Protection of Personal Information Act No. 4 of 2013, (hierna verwys as “die Wet”) moet ons u toestemming verkry om u kind se persoonlike inligting te verwerk wat insluit maar nie beperk is tot die versameling/ontvangs//stoor/opdatering/gebruik/organisering of wysiging daarvan. Ons versoek dus u toestemming om u kind se persoonlike inligting te verwerk wat insluit die neem van foto’s en versameling van hul persoonlike inligting vir administrasie en gesondheidsdoeleindes (kennisname van enige allergieë/mediese diagnose ens.).

     

    5. GEDRAGSKODE-OUERS

    Dit is vir ons baie belangrik dat alle ouers (sluit in grootouers en ander familielede en vriende van ouers) ten alle tye met respek teenoor enige persoon verbonde aan Kleuterskool@deLand sal optree wanneer hy/sy die perseel betree of geleenthede bywoon wat deur Kleuterskool@deLand aangebied word. Ek/ ons onderneem dus om:

    1. Nie vuiltaal of enige ander vorm van onwelvoeglike taal/opmerking te maak nie.
    2. Altyd welvoeglik geklee te wees.
    3. Nie onder die invloed van enige verbodemiddels (alkohol/verdowingsmiddels) te wees nie.
    4. Die algemene beeld van die skool positief oor te dra en na te streef.
    5. Alle reëls, regulasies en voorwaardes na te kom.
    6. Alle persone verbonde aan die Kleuterskool@deLand met respek te behandel.
    7. Alle persone verbonde aan die Kleuterskool@deLand se privaatheid respekteer in terme van artikel 11 van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, No.4 van 2013/ Protection of Personal Information Act No. 4 of 2013
    8. Die veiligheid en gesondheid van alle persone/kinders verbonde aan Kleuterskool@deLand na te kom.
    9. Kleuterskool@deLand in kennis stel van enige lewens/aansteeklike siekte/s of geestetoestand wat die welsyn van ander kan benadeel.
    10. Die rook beleid op Kleuterskool@deLand se perseel te eerbiedig.

     

    Laastens, verklaar ons hiermee dat my/ ons Kind/ers nie toegelaat sal word tot Kleuterskool@deLand alvorens die Algemene Vrywaringsvorm voltooi is nie. Alle afdelings van hierdie dokument se inligting is nodig vir Kleuterskool@deLand om ingeligte besluite te kan maak en kwaliteit dienste te kan verskaf. Die ouers/voog waarborg dat die inligting soos weergegee waar en korrek is, en dat daar geen verdere inligting benodig word nie. Ons as die ouers/voog, deur hierdie ondernemning te onderteken, erken en stem in dat die Terme van hierdie Kontrak geldig sal wees vir die tydperk wat my/ons kind by Kleuterskool@deLand skool gaan.

  • Powered by Jotform SignClear
  • Powered by Jotform SignClear
  • AFDELING G

    Persone gemagtig om kind(ers) met huis toe gaan tyd by die skool te ontvang
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Should be Empty: