KOMPETISIE INSTRUKSIES:
- Maak asseblief seker dat alle inligting wat in hierdie aansoek verskaf word, korrek is.
- Maak seker dat jou ontwerp 80% uit herwinbare materiale gemaak is.
- Maak asseblief seker dat die voorbeeld wat jy indien jou eie werk is.
- Jy kan slegs een aansoek indien.
- Die beoordeelaars sal kyk na werk wat oorspronklik, netjies en uniek is.
- Deelnemers moet beskikbaar wees om hul werke self te modelleer of 'n model beskikbaar hê om op die verhoog te loop vir die beoordeelaars om te sien.
KOMPETISIE REËLS:
- Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Januarie 2024 om middernag. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
- Deur in te skryf vir hierdie kompetisie stel u uself beskikbaar om op die 2de Maart 2024 by die fees te wees vir beoordeling. As u nie teenwoordig is nie, sal u outomaties gediskwalifiseer word.
- Deelnemers sal op hul eie koste by die fees kom. Geen uitgawes van deelnemers sal deur die Kalahari Desert Festival of sy organiseerders geborg word nie. Dit sluit in, maar is nie beperk tot reiskoste, kos, verblyf, ens.).
- Die beslissings van die regters is finaal en kan nie geappelleer word nie.
- Die organiseerders van die Kalahari Desert Festival stel onafhanklike beoordelaars aan en sal geen aanspreeklikheid aanvaar vir die beslissings van die beoordelaars nie en sal ook nie inmeng met of die beslissings beïnvloed nie.
- Prysgeld sal slegs via EFT en binne drie werksdae aan die wenner betaal word.
- Die Kalahari Desert Festival en sy organiseerders sal geen aanspreeklikheid aanvaar vir of enige dispute (veral oor die deel van prysgeld) tussen groeplede of wenners hanteer nie.
POPI
Deur my inskrywing in te dien, aanvaar ek dat die Kalahari Desert Festival en sy organiseerders my persoonlike besonderhede hierin verstrek mag gebruik om my te kontak in verband met die kompetisie uitsluitlik. Geen kontakbesonderhede sal aan 'n derdy party verskaf word of vir bemarkingsdoeleindes gebruik word nie. My demografiese inligting en ID-nommer sal vir statistieke- en verslaggewende doeleindes alleenlik aangewend word.