Beste Eerstejaarstudent
Dit sal goed wees indien jy tussen 30 en 40 minute kan opsysit om hierdie baie belangrike vraelys te voltooi – voltooiingstye verskil natuurlik van persoon tot persoon. Die vraelys staan bekend as die Universiteit Stellenbosch se Basislyn Opname vir Nuweling Studente, of kortweg die USBONS. Dit maak deel uit van die amptelike aanlyn induksie- en verwelkomingsprogram vir nuweling-eerstejaarstudente by die Universiteit Stellenbosch.
USBONS bestaan uit 35 vrae, Die 35 vrae is in die volgende 15 afdelings / temas ingedeel:
- Jou agtergrondinligting;
- Jou tydsbenutting in 2020;
- Jou betrokkenheid by sosiale aktiwiteite;
- Jou lees- en skryfaktiwiteitsvlakke op skool;
- Jou ervaring van en voorkeure tov tegnologie;
- Jou waardes en opinies;
- Jou strewes / aspirasies;
- Redes waarom jy die US gekies het;
- Jou suksesverwagtinge;
- Jou welwees / persoonlike welstand;
- Self-doelmatigheid;
- Jou lewenskragtigheid en groei-ingesteldheid;
- Welstand ("well-being");
- Hoe jy floreer; en
- Uitnodiging vir kommentaar.
Ons beveel baie sterk aan dat jy probeer om die USBONS in een sessie te voltooi. Jy kan jou deelname egter in meer as een sessie afhandel deur jou antwoorde te stoor en dan later jou sessie te hervat op die plek waar jy opgehou het. Aanwysings hieroor, en hoe om die vraelysplatvorm te gebruik, verskyn hieronder.
Jy sal onmiddellik nadat jy die USBONS voltooi het en jou antwoorde ingedien het ‘n persoonlike verslag ontvang met jou welstandsprofiel en ‘n lys van aanlynhulpbronne wat jy kan raadpleeg en kan benut om jou welstand tydens jou tyd op Stellenbosch te bevorder.
Ons wil jou verder verseker dat beide die resultate van hierdie vraelys en jou persoonlike response 100% vertroulik hanteer sal word. Persoonlike inligting sal nie sonder ‘n student se toestemming gebruik word nie. Die uiteindelike doel van die vraelys is om die welstand van alle studente by die US te bevorder, op beide groeps- en individuele vlak, en dit is die rede waarom die vraelys saamgestel is soos dit is.
Baie dankie, ons waardeer jou deelname opreg!
Die USBONS-span
Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika