1. Inleiding
a. Malmesbury Veiligheid (MV) moet dien as die oë en ore van die gemeenskap wat dit dien en moet met die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) saamwerk.
b. MV moet die SAPD en ander veiligheids- en sekuriteitsdienste en –vennote help om die plaaslike gemeenskap en hul eiendom te beskerm en om in die gebied misdaadvoorkoming te bestuur, te beheer en te ontmoedig.
c. Hierdie Gedragskode is bindend op alle lede van MV en lede bevestig dat hul die Kode sal nakom, by versuim waarvan die lid se lidmaatskap beëindig sal word.
d. Hierdie Kode reguleer die verhouding tussen lede van MV en lede van die gemeenskap en bevorder voorbeeldige optrede deur lede terwyl hulle die gemeenskap as lid van MV dien.
2. Aansoek
a. Persone moet skriftelik aansoek doen vir lidmaatskap van MV. Elke aansoek moet deur twee (2) lede van MV skriftelik ondersteun word.
b. Die UK sal die finale besluit oor die aansoek hê.
3. Struktuur
a. Die MV moet ʼn organisasie sonder winsoogmerk wees.
b. Die MV mag nie by enige politieke organisasie geaffilieer wees of vir so ʼn organisasie werk nie.
c. Die MV en sy lede moet in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en binne die raamwerk van die reg optree.
4. Verpligtinge
a. Die lede van die MV mag slegs geweld tot so mate as wat nodig is en deur die Wet voorgeskryf gebruik, maar mag nie die reg in eie hande neem nie.
b. Lede mag nie enige vertroulike of gepriviligieerde inligting bekend maak, wat hulle moontlik as gevolg van hul lidmaatskap van MV bekom het nie.
c. Lede mag nie sonder magtiging van die MV se uitvoerende Kommitee die media toespreek of openbare aankondigings doen oor aangeleenthede wat met die MV se bedrywighede verband hou nie.
d. Geen lid mag enige betaling, kommissie of fooi in verband met sy of haar lidmaatskap van die MV aanvaar nie, tensy daartoe gemagtig deur die MV se uitvoerende Kommitee.
e. Geen lid mag sy of haar lidmaatskap van MV vir sy of haar persoonlike gewin of voordeel uitbuit nie.
f. Lede se optrede moet ten alle tye sodanig wees dat dit die doelstellings en oogmerke van die MV ondersteun en bevorder.
g. Die MV en sy lede vervang nie die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie.
5. Gedrag van lede
a. Lede moet te alle tye ooreenkomstig die beginsels vasgelê in die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996, optree en
i. op ‘n manier wat die doel en doelwitte van MV handhaaf en bevorder;
ii. moet die menswaardigheid en regte van elke persoon in MV respekteer en beskerm, insluitend die reg op vrye beweging;
iii. moet binne sy of haar regte as ‘n privaat persoon optree en nie daardie regte oorskry nie;
iv. moet die gemeenskap in die gebied op ‘n onbevooroordeelde, apolitiese en onpartytigde manier dien ten einde vertroue in MV te skep en eenheid in ‘n veilige omgewing te bou;
v. deur nakoming van hierdie Kode te bevestig, erken die lid dat hy of sy ten volle bewus is van die gevare verbonde weens die aard van die taak;
vi. moet hom of haar, sover as wat dit redelik moontlik is, daarvan weerhou om hom- of haarself, medelede, ander veiligheids- en sekuriteitsdienste en –vennote of die polisie in gevaar te stel en moet op ‘n ongeweldadige manier optree en nie reg in eie hande neem nie; en
vii. geen lid van MV mag aan enige MV aktiwiteite deelneem terwyl hy/sy onder die invloed van drank en/of verbode middels is nie.
6. Patrollies
a. Indien MV besluit om patrollies te doen
i. mag slegs die nodige geweld, soos omskryf in die Strafproseswet 1997, Wet 51 van 1997, gebruik word om ʼn persoon wat ʼn misdryf pleeg, te arresteer;
ii. moet die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens so ver moontlik daarvan ingelig word en moet hul reserviste waar moontlik oor daardie MV patrollies toesig hou; en
iii. mag geen intimidasie in enige vorm gebruik word binne die gemeenskappe waar daardie patrollies plaasvind nie.
b. Wanneer ‘n lid as ‘n lid van MV op patrollie is moet die lid
i. wanneer moontlik, die polisiestasie in die gebied waarsku wanneer MV op patrollie sal wees;
ii. daarna streef om in vennootskap met die lede van die SAPD en munisipale wetstoepassingsbeamptes/agentskappe te werk tov misdaadbekamping in die gebied;
iii. alle wettige instruksies gegee deur die lede van die dienste vermeld in paragraaf b gehoorsaam;
iv. die identifikasiekaart dra sodra dit deur MV uitgereik is;
v. betyds, betroubaar en verantwoordelik in die uitvoering van alle pligte as ‘n MV lid wees;
vi. in die beste belang van individuele inwoners, bewoners of eienaars van onroerende eiendom of persone met ander relevante belange in die gebied en MV optree, behalwe in omstandighede buite sy of haar vermoë of om sy of haar eie veiligheid te handhaaf;
vii. verbondenheid tot die beste moontlike funksionering van MV en die bevordering van gesonde interpersoonlike verhoudinge betoon; en
viii. onderneem om enige individu, voertuie of situasies wat verdink word verbonde te wees aan misdaad, aan die persoon in beheer te rapporteer en waar nodig aan die SAPD of relevante wetstoepassingsagentskap/organisasie.
c. ‘n Lid se bystand aan MV is vrywillig en daarom, wanneer ‘n lid sy of haar privaat voertuig gedurende bystand gebruik, kan nog die SAPD nog MV verantwoordelik gehou word vir enige skade wat aan die voertuig aangerig is gedurende die bystand.
d. Lede moet hulself vertroud maak met die wet rakende die regte van privaat persone om arrestasies te maak of deursoekings te doen, insluitend die minimale gebruik van geweld en moet ten alle tye aan die Strafproseswet 1977 (Wet 51 van 1977) voldoen.
e. Lede moet eerder verdagte kriminele gedrag aan die polisie rapporteer as om te probeer om ‘n arrestasie uit te voer.
f. Geen intimidasie van enige aard mag gebruik word teen enige individu in enige area waar ‘n MV patrollie plaasvind nie.
g. Geen vorm van vigilantisme sal geduld word nie.
h. Waar moontlik moet MV daarna streef om in vennootskap met die GPF en/of sub-forum vir die gebied te werk.
7. Wangedrag
a. MV kan, afhangende van die meriete van ʼn geval, die lidmaatskap van ʼn lid wat aan misdaad skuldig mag bevind word, opskort en beëindig.
b. MV mag, afhangende van die meriete van ʼn geval, ʼn lid penaliseer wat aan wangedrag skuldig bevind word of die struktuur of vereniging se goeie naam skade aangedoen het.
c. ‘n Lid wat hierdie Gedragskode verbreek, kan sy of haar lidmaatskap verloor soos vervat in die Grondwet van MV.
8. Wysigings aan die Gedragskode
Die Uitvoerende Kommitee van MV mag wysigings aan die Gedragskode maak soos benodig en dienooreenkomstig MV lede inlig.