Hiermee herinner ons u dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingevolge die belastingwet nie u artikel 18A-sertifikaat sal aanvaar as u belastingnommer nie daarop verskyn nie.
Stuur asseblief u belastingnommer voor 28 Maart 2025 aan Solidariteit Helpende Hand sodat u u sertifikaat betyds kan ontvang en vir belastingdoeleindes indien.
Lees gerus meer: SAID nuwe reëls
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se proses om die Artikel 18A-belastingsertifikaatinligting regstreeks op die skenker se SAID-profiel in te vul is nou outomaties.