Belangrike inligting:
Atlete wat geregistreer is by The Village atletiekklub hoef nie vir 'n lisensie te betaal nie.
Atlete wat nie by The Village oefen nie, maar steeds aan byeenkomste wil deelneem kan nommers koop.
Kostes is R250 vir junior nommer & R350 vir 'n senior nommer.
Slegs 1 bestelling per vorm word aanvaar. Vul asseblief nog 'n vorm in indien julle nog 'n nommer wil bestel.
Dit is nie verpligtend dat julle vir ons klub moet deelneem indien julle deur ons 'n nommer bestel nie.
Dit is belangrik dat julle asseblief al die nodige dokumente aanheg.
Gebruik asseblief die ouer se naam & van as verwysing.