Waarom hierdie “Realiteitstoets”?
Oor die laaste 20+ jaar het ek geliefdes en vriende gehad wat voortydig dood is. Stres en aanhoudende spanning het hulle op ‘n pad van uitbranding geplaas wat noodlottig geëindig het. Nou meer as ooit is stres 'n werklikheid wat almal beïnvloed, maar min mense weet hoe om dit regtig te hanteer.
Ek het dit my missie gemaak om uitbranding ten alle koste te voorkom deur:
1. mense bewus te maak van die “realiteit”
2. mense toe te rus met “Lewensenergie Intelligensie” om stres vir die res van hulle lewe effektief te bemeester, hulle prestasievermoë te verbeter sodat hulle, hulle volle potensiaal kan bereik. – Wilhelm Lombard.
Die beginpunt is om te weet waar jy op hierdie oomblik staan tov jou lewensenergie.