'n Artikel 18A-belastingsertifikaat is ’n spesiale, voorgeskrewe kwitansie, uitgereik kragtens artikel 18A van die Inkomstebelastingwet. Dit word uitgereik deur ’n artikel 18A-goedgekeurde maatskappy (Solidariteit Helpende Hand) wat die skenker/donateur (jy of die besigheid wat die skenking gemaak het) geregtig maak op ’n inkomstebelastingaftrekking, beperk tot 10% van sy/haar belasbare inkomste vir die jaar vir skenkings/donasies wat gemaak is. Hierdie kwitansie word slegs uitgereik is vir doeleindes van artikel 18A van die Inkomstebelastingwet en dat die skenking uitsluitlik vir die oogmerke van die PBO gebruik is of sal word.
Die verdere persoonlike inligting wat gegee moet word is voorgeskryf deur die Kommissaris in Openbare Kennisgewing 3082 in Staatskoerant 48104 van 24 Februarie 2023, wat van toepassing is op alle artikel 18A-kwitansies uitgereik op of na 1 Maart 2023.