15 AUGUSTUS 2025 | KUILSRIVIER GHOLFKLUB
VIERBAL-INSKRYWING
- Vierbal sluit in: Gholfkompetisie oor 18 putjies, ligte middagete, aandete met prysuitdeling
Vierbalfooi: R3 500
- Formaat van die spel: Vierbalalliansie (Die beste twee puntetellings op al die gate tel.) Amptelike voorgee is van toepassing. Indien nieamptelik, is maksimum voorgee 24.
- Gholfkarretjies: Bespreek self by Kuilsrivier Gholfklub.
- Mulligans: 'n Beperkte aantal sal op die dag beskikbaar wees teen R50 elk.
Kuilsrivier Gholfklub se gewone baanregulasies geld.
Putjieborge is beskikbaar teen R 1 000,00. Betaling kan op dieselfde wyse as 'n vierbal geskiet met die verwysing: WK Gholf Entiteit (Entiteit = Besigheid se naam ). Sien bankbesonderhede onderaan.
Bewys van betaling moet aan weskaap@helpendehand.co.za en lizet@helpendehand.co.za gestuur word waarna die putjie toegeken en bevestig sal word.