'n Gelowige is nie gevrywaar van lyding en verlies nie, maar dit beteken nie dat jy alles alleen hoef te dra nie. By Skuilkrans NG Gemeente gee ons om vir mekaar. Ons nooi jou uit om met iemand te praat wanneer jy deur siekte, trauma, spanning, uitbranding of nood gaan.
As jy tans ondersteuning benodig, nooi ons jou uit om hierdie kort vorm in te vul. Ons sal so gou moontlik 'n pastorale gesprek, hospitaalbesoek of ondersteuningsafspraak reël.
Hierdie proses is vertroulik en kosteloos. Indien verdere verwysings nodig is, sal dit bespreek word.
Vul asseblief hierdie vorm in indien jy wil aanmeld of navraag doen.
Annabelle Lombard
083 4155 755
Onderlingesorg- en kommunikasiebestuurder
annabellelombard@gmail.com