Oesland Basaar: Potjiekoskompetisie  Logo
  • OESLAND BASAAR: Potjiekoskompetisie

    Inskrywingsvorm
  • Wat jy moet weet

    • Plek vir 10 spanne
    • Maksimum 4 spanlede
    • Nr 3 grootte pot of groter
    • Enige potjiekosresep welkom
    • Die volgende word verskaf: Hout en verpakking vir verkope van potjiekos
    • Potjiekos word teen R50 verkoop (500ml bakkies)

    Tydlyn

    07:00 Aankoms en regmaak

    08:00 Potte op die kole

    11:00 Beoordeling en verkope

    13:00 Aankondiging van wenspanne

    Beoordeling

    • Spangees (10 punte)
    • Voorkoms en netheid (10 punte)
    • Voorkoms van dis voorgesit (10 punte)
    • Oorspronklikheid en smaak van pot, bedien saam met rys (40 punte)
    • Verkope en fondse ingebring vir Oesland Basaar (30 punte)

    Die span met die beste punt uit 100 wen!

    Inskrywings sluit 20 September 2025.

  • Algemene inligting

    06:45   Toegang tot potjiekosarea

    07:00   Toekenning van werksarea

    08:00   Potte op die kole

    09:15   Bekendstelling van spanne

    11:00   Beoordeling van potte

    13:00   Prysuitdeling

    14:00   Alles opgeruim

    Reëls en riglyne

    • Geen inskrywingsgelde word gevra nie, aangesien u die inhoud van u pot skenk aan die Oesland Basaar vir die invordering van fondse.
    • Maksimum van 4 spanlede.
    • Nr 3-grootte pot of groter (verkieslik).
    • Ten minste 15 bakkies potjiekos (met rys of ander bykos) moet gaan vir die fondse van die Oesland Basaar.
    • Rys of ander bykosse mag vooraf voorberei word.
    • U mag u bestanddele vooraf voorberei om te verseker dat u pot binne die aangewese tyd gereed sal wees.
    • ‘n Staanplek vir u voertuig sal by u werksarea beskikbaar wees sodat u ‘n gesellige kuier- en werksarea vir u kan skep – geen strukture mag egter in die straat (pad) opgerig word nie.
    • Ons voorsien hout en 500ml-verpakking (ronde bakkie met deksel).
    • U is welkom om u eie verpakking te verskaf, indien meer prakties.
    • Verder is u verantwoordelik vir u eie braaidrom, -gereedskap, bestanddele, kookgerei en ander benodigdhede.
    • Die uitbeelding van u tema sal deur die beoordelaars beoordeel word.
    • Die atmosfeer by u werksarea, asook die algehele voorkoms, speel ‘n rol by beoordeling.
    • Wees kreatief in die opdien van u dis vir die beoordelaars.
    • Die veiligheid van spanlede en alle besoekers moet te alle tye eerste gestel word.
    • As gevolg van neut- en skulpvis-allergieë, moet u enige spore hiervan duidelik met die kopers kommunikeer en by u werksarea aandui.

    Reëlings ten opsigte van verkope

    • Kaartjies word by die Kuiertent verkoop teen R50 per 500ml bakkie.
    • Bakkies word by die kuiertent aan kopers voorsien met potjiekos-kaartjie binne-in.
    • Kopers stap na gekose span, oorhandig die bakkie om potjiekos in te skep en die span neem die kaartjie. Die potjiekos-span moet die potjiekos-kaartjie veilig bewaar as bewys van verkope.
    • Om 12:45 moet die kaartjies ingehandig word om u finale punt te bepaal.
  • Oesland Basaar sien uit om u span by ons te verwelkom. 

    Kom en geniet ‘n heerlike dag saam met ons!

     

  • Should be Empty: