BEMARKINGSGELEENTHEID:
Dit sal hoog te prys gestel word, indien u sou belangstel om ook betrokke te raak by die borge en pryse van hierdie geleentheid. Kontak asseblief vir Sharise Janse van Rensburg vir meer inligting of volg die skakel:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfN9-4FDStKwgPDcP2sa7sFejICIRlx7h9R1Fccq35Gt6kFpQ/viewform?usp=publish-editor
Die volgende opsies is tans beskikbaar:
- Putjieborge
- Kontantskenkings
- Skenking van pryse en pryse vir gelukkige trekkings
- Veilingsitems (bv. wegbreek naweek en of items)
Laerskool Lynnwood bied graag advertensiepakkette aan in ruil vir die waarde van u skenking of borg, aangepas tot u behoeftes en versoeke. Bogenoemde sluit advertensiespasie in ons weeklikse Lynnies Beeld in ter waarde van R480 per week.
Baie dankie vir die geleentheid, ons vertrou dat die verhouding met u in die toekoms vir beide partye tot voordeel sal wees en sien uit na u terugvoer.
Kontak Ethan Gouws rakende Gholfdag:
ethan.gouws@lynnwoodlaer.co.za of 082 922 9232.
Kontak Sharise Jv Rensburg rakende putjieborge en ander bemarkingsgeleenthede:
sharise.jvrensburg@lynnwoodlaer.co.za of 082 340 3060.