• Stellaland Voëlklub 2026

    Veiling Inskrywingsvorm
  • Format: (000) 000-0000.
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Click op "add row"" om meer voëls te laai.

  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Veilingsvoorwaardes

    1. Alle voornemende kopers moet vooraf registreer.  Verkopers en kopers verbind hulle tot die veilingsvoorwaardes by inskrywing en registrasie.

    2. Enige persoon wat die veilingsterrein betree, doen dit op eie risiko en vrywaar die organiseerders van aanspreeklikheid vir enige beserings en/of enige persoonlike verlies of skade aan sy eiendom.

    3. `n Inskrywingsfooi van R50.00/lot is betaalbaar met die inskryf van voëls.

    4. Die verkoper sal `n afslaerskommissie van 5% betaal op alle verkope tydens die veiling.

    5. Geen BTW sal gehef word nie.

    6. Alle voëls sal met inskrywing aan `n keuring onderhewig wees en moet voldoen aan die voorwaardes  van inskrywing soos vervat op inskrywings vorm. `n Finale keuring sal die oggend van die veiling plaasvind.

    7. Keuring van voëls kan slegs op sig vir gebreke geskied, daarom is onopsigtelike gebreke die onus van die verkoper.  Die organiseerders kan op geen wyse verantwoordelik gehou word vir onopsigtelike gebreke of enige waninligting rakende die voëls nie.

    8. Dit mag gebeur dat wysigings aan die katalogus op die dag van die veiling aangebring moet word.

    9. Die organiseerders behou die reg voor om voëls te aanvaar of weg te wys.

    10. Indien `n lot of voëls afgekeur word sal die inskrywingsgeld verbeur word.

    11. Die organiseerders is nie verantwoordelik vir foutiewe beskrywing of defekte aan voëls wat opgeveil word nie, maar wel die verkoper.

    12. Dit is `n uitdruklike voorwaarde dat alle voëls voetstoots verkoop word.

    13. Hoogste bieër is die koper, onderhewig aan bekragtiging deur die verkoper.

    14. Die verkoper se verantwoordelikheid (nie eienaarskap nie) eindig en die koper se verantwoordelikheid begin by die toeslaan van die bod.  Eiendomsreg word oorgedra sodra die koper betaal het.

    15. Die volle bedrag van die toegeslaande bod is deur die koper verskuldig aan die organiseerders of afslaers en betaling daarvan geskied in kontant,  by wyse van `n bankgewaarborgde tjek of direkte internetoorbetaling voor die sluiting van die veiling.

    16. Voëls mag slegs na afloop van die veiling afgehaal word en die koper moet oor die nodige bewys van betaling beskik.

    17. Die koper sal verantwoordelik wees om sy eie voëls te vang.

    18. Bek & Veersiekte: Indien `n koper dit verlang, kan hy vra dat aangekoopte voëls op die veiling deur aangestelde beamptes/veearts vir PBFD te laat bloed trek vir `n PCR toets. Indien die uitslag positief  vir PBFD is sal die koop gekanseleer word en sal die voëls aan die verkoper terug besorg word.  Die koper sal verantwoordelik wees om aangekoopte voëls te kwarentyn tot die uitslag (binne 7 dae) beskikbaar is. Slegs monsters wat op hierdie tydstip en wyse geneem is, sal deur die organiseerders aanvaar word.

    19. Uitbetaling aan verkopers sal binne 7 dae per internet oorbetaling geskied, om voorsiening te maak vir `n gekanseleerde koop soos in punt 18 hierbo.

    20. Voëls wat nie verkoop is nie moet na afloop van die veiling deur die verkopers afgehaal word, u verkoopsdokument sal as bewys dien.

     https://pvsa.co.za/wp-content/uploads/2023/06/Auction-guidelines.pdf

    Inskrywing fooi:  R 50.00 per Lot

    Kommissie 5% van verkoopswaarde.

     

    Kontakpersone: 

    Lardus van Zyl

    Telefoon nommer:  082 944 0292  

    Anton Smit

    Telefoon nommer:  083 702 2789 

  • Date
     - -
  • Should be Empty: