Bank Magtiging
Ek/Ons versoek en magtig u of u gemagtigde agent hiermee om die nodige bedrag vir betaling van die maandelikse premie vir lidmaatskap teen my/ons rekening by bogenoemde bank
(of enige ander bank/tak waarna ek/ons my/ons rekening mag oorplaas) te debiteer. Alle sodanige onttrekkings van my/ons bankrekening sal geag word persoonlik deur my/ons onderteken te wees.
Ek/Ons onderneem om die bankkoste verbonde aan hierdie opdrag te betaal, en ek/ons magtig u om die waarde daarvan te verhaal ooreenkomstig die heersende tarief van die Suid-Afrikaanse Klaringsbank ten tye
van onttrekking.
Ek/Ons verstaan dat:
1. die debietorder wat ek/ons hiermee magtig deur ’n rekenaar verwerk sal word;
2. die besonderhede van elke onttrekking op my/ons bankstaat of bygaande bewysstuk getoon sal word; en
3. die verpligting om te verseker dat my/ons maandelikse premies wel deur u ontvang word, steeds my/ons verantwoordelikheid bly, nieteenstaande die verlening van hierdie debietordermagtiging aan u.
Ek/Ons onderneem om my/ons van tyd tot tyd daarvan te vergewis dat u wel die nodige bedrag wat betaalbaar is vir die maandelikse premies vir bogenoemde lidmaatskap ingevolge hierdie debietordermagtiging
onttrek het, en ek/ons teken hiermee aan dat u aanvaarding van hierdie debietordermagtiging geensins enige las op u plaas om te verseker dat die maandelikse debietorders van die bedrag waarna hier verwys word
wel plaasvind nie. Hierdie magtiging sal ten volle van krag bly totdat ek/ons dit kanselleer deur ’n skriftelike kennisgewing van 30 dae per geregistreerde pos aan u te stuur, maar ek/ons verstaan dat ek/ons nie geregtig
sal wees op enige terugbetaling van enige bedrag wat u onttrek het terwyl hierdie magtiging van krag was nie, tensy ek/ons kan bewys dat enige sodanige bedrae nie wetlik aan u verskuldig was nie. Ek/Ons sal u
ontvangs van hierdie opdrag ag as ontvangs daarvan deur my/ons bank. AfriForum Dienste behou die reg voor om 'n jaarlikse verhoging toe te pas omdat die debietorder bedrag 'n veranderlike is.
Skakel 086 10 200 30 of stuur 'n e-pos na info@afriforumdienste.co.za.