10. Kommissie op verkoopte items
Belangrike kennisgewing
Hierdie veiling verskil van die tradisionele veilingformaat. Dit is die eerste keer wat hierdie geleentheid op hierdie wyse aangebied word. Lees asseblief die onderstaande bepalings en inligting oor opbrengsverdeling sorgvuldig deur om te verseker dat alle deelnemers die proses verstaan.
Die proses
Geskenkte item
Die volle bodbedrag plus die 15% koperskommissie word aan Helpende Hand toegeken.
Item met reserwe
Die reserwebedrag moet die verkoperskommissie insluit. Dit moet duidelik aangedui word dat enige bedrag bo die reserwe, insluitend die 15% koperskommissie, aan Helpende Hand toegeken word.
Voorbeeld
Item: Flits
Reserwe: R115 (verkoperskommissie ingesluit)
Indien die flits vir R500 verkoop word:
- Die verkoper ontvang slegs die reserwe bedrag minus verkopers kommissie (R115 - R15 = R100).
- Die bedrag bo die reserwe (R385) word aan Helpende Hand toegeken.
- Die koper betaal R500 plus 15% kopers kommissie (R75), dus 'n totaal van R575.
- Die koperskommissie van R75 word ook aan HH toegeken