Deur hierdie vorm te onderteken, bevestig ek dat:
1. Ek verstaan dat deelname aan die Lente-Pretloop fisieke aktiwiteit behels en dat daar risiko’s aan deelname verbonde kan wees.
2. Ek verklaar dat ek, na my beste wete, fisies in staat is om aan die pretloop deel te neem.
3. Ek aanvaar vrywillig die risiko’s wat met deelname aan die pretloop verband hou.
4. Ek onderneem om die reëls en redelike veiligheidsinstruksies van die organiseerders te gehoorsaam.
5. Ek stem toe dat die organiseerders, waar redelik nodig, noodhulp of mediese hulp names my kan bekom indien ek tydens die geleentheid beseer word of onwel voel.
6. Ek aanvaar verantwoordelikheid vir my eie persoonlike besittings.
7. Ek vrywaar, Skuilkrans NG Gemeente, die organiseerders, vrywilligers, beamptes en ander persone wat by die aanbieding van die pretloop betrokke is, teen eise wat uit my deelname voortspruit.
Vir deelnemers onder 12 jaar:
Ek, die ondergetekende ouer/voog, gee hiermee toestemming dat die bogenoemde minderjarige aan die Lente-Pretloop deelneem en bevestig dat ek die bepalings van hierdie vrywaring gelees en verstaan het.