Liewe Leser
Elke mens wat by Helpende Hand betrokke is, het 'n storie. Soms is dit die verhaal van iemand wat hulp ontvang het. Soms is dit dié van 'n vrywilliger wat 'n hand uitgesteek het. Soms is dit net 'n oomblik wat klein gelyk het, maar 'n groot verskil gemaak het.
Liewe Leser, ons bou 'n storie en ons wil hê jy moet ons help skryf. Dalk is dit 'n eenvoudige daad van omgee, iemand wat jou gehelp het toe jy dit nodig gehad het, of 'n vrywilliger wat vir jou gewys het dat jy nie alleen is nie.
Elke inskrywing is 'n klein stukkie van 'n groter prentjie. Jou storie kan help om dié prentjie volledig te maak.
Skryf vir ons. Vertel jou storie.