Karoo & Tuinroete Inskrywingsvorm vir ATKV-Crescendo 2023/24
  • Tuinroete Inskrywingsvorm vir ATKV-Crescendo

  • Persoonlike Inligting

  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Naam van voorbereide komposisie(s)

  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Browse Files
    Drag and drop files here
    Choose a file
    Cancelof
  • Bepalings en voorwaardes vir

    ATKV-Crescendo

  • Bepalings en voorwaardes vir ATKV-Crescendo

    Deur die ondertekening van hierdie inskrywingsvorm aanvaar ek dat ek ten volle bewus is van die inhoud van die amptelike reëls en regulasies soos dit hieronder uiteengesit is en dat ek dit onvoorwaardelik aanvaar.

    Ek verklaar ook dat ek myself beskikbaar sal stel vir die Karoo/Tuinroete-werkswinkel van die ATKV-Crescendo en gemeenskapsgerigte opleiding indien ek deur die beoordelaars gekies word.

    Ek verstaan ook dat my toelating tot die werkswinkel nie noodwendig ’n waarborg is dat ek aan ATKV-Crescendo se mentorprogram gaan deelneem nie. Die finale keuse vir deelname aan die mentorprogram sal deur die beoordelaars bepaal word volgens elke finalis se vordering tydens die werkswinkel.

    1. Enige persoon mag inskryf met dien verstande dat hy/sy ouer as 18 jaar is
        en aan die bepalings en voorwaardes voldoen.

    2. Groep-inskrywings is welkom.

    3. Alle inskrywings moet eie, oorspronklike komposisies wees.

    4. As meer as een party by die skryf en komponeer van ’n liedjie betrokke was,
       moet alle partye wettige goedkeuring tot die inskrywing verleen. Hierdie
       toestemming is in geheel die verantwoordelikheid van die persoon wat die
       inskrywing indien en die registrasie van die intellektuele eiendom van die
       liedjie berus in geheel by dié persoon.

    5. Elke inskrywing moet vergesel wees van ’n oudio-opname en ’n afskrif
        van die lirieke van die liedjie.

    Die volgende bepalings het betrekking op komposisies deur die skrywers en kunstenaars en die oorspronklike verwerkings wat opgevoer sal word, sowel as op enige verwerkings van bestaande en geregistreerde komposisies deur ander skrywers en die nodige is van toepassing op musikante:

    a. Geen kunstenaar(s) en/of skrywer(s), wie aan die projek deelneem, mag die
        liedjie voorheen opgeneem het en vir kommersiële doeleindes versprei het nie.

    b. Die lirieke van die liedjie sal in sy geheel die eiendom van die
        skrywer(s) bly, 
    insluitend enige ander weergawes van die liedjie wat
        tydens die finaal, en in oorleg met Crescendo se musiekregisseur
        dalk skaafwerk benodig.

    c. Indien ’n inskrywing deurdring na die ATKV Crescendo-finaal, behou die ATKV
       hom die reg voor om ’n klank- sowel as ’n musiekvideo-opname van die liedjie
       te gelas, en albei hierdie opnames sal vir altyd die eiendom
       van die ATKV bly.

    d. Die ATKV sal die verspreiding van beide opnames op digitale
        verspreidingsplatforms behartig.

    e. Die skrywer(s) onderneem om op eie onkoste die werkswinkel by te woon
        indien hulle inskrywing(s) deurdring.

    f. Die organiseerders onderneem om die onkoste van die skrywer(s) van die
       liedjie(s), wat deurdring na die ATKV-Crescendo-mentorprogram vir een week,
       of soos bepaal deur die organiseerders, te dra en van alle huisvesting, etes en
       kursusmateriaal te voorsien tydens die afrondingsprogram van ATKV-Crescendo.

    g. Die beoordelaar se besluit(e) is finaal en geen korrespondensie
        sal daaroor gevoer word nie.

    h. Inskrywings sal nie teruggestuur word nie.

    i. Geen werknemers van die ATKV en die borge en/of hul gesinslede mag
      deelneem nie. Die ATKV en die borge word gevrywaar teen enige eise wat
      mag voortspruit uit deelname aan ATKV-Crescendo.

    j. Met die ondertekening van hierdie vorm, bevestig ek dat ek kennis geneem het
       van die ATKV se Artikel 18-kennisgewing op die organisasie se amptelike
       webtuiste en stem ek in dat my persoonlike inligting versamel mag word.

    k. Met die ondertekening van hierdie vorm gee ek toestemming dat die ATKV nie
        hoef te voldoen aan die verpligtinge wat Artikel 18(1) van die Wet op
        Beskerming van Persoonlike Inligting uiteengesit word nie.

    l. Met die ondertekening van hierdie vorm bevestig ek dat die ATKV my spesiale
       persoonlike inligting, soos in Artikel 26 van die Wet op Beskerming van
       Persoonlike Inligting uiteengesit, mag versamel

  • E-pos u bewys van betaling aan: crescendo01@atkv.org.za

    Bankbesonderhede: ATKV
    ABSA: 632 005 
    Rekening: 1701 667 28
    Verwysing: U van & Crescendo

  • Clear
  • Should be Empty: