Bepalings en voorwaardes vir ATKV-Crescendo
Deur die ondertekening van hierdie inskrywingsvorm aanvaar ek dat ek ten volle bewus is van die inhoud van die amptelike reëls en regulasies soos dit hieronder uiteengesit is en dat ek dit onvoorwaardelik aanvaar.
Ek verklaar ook dat ek myself beskikbaar sal stel vir die Namibiese-werkswinkel van die ATKV-Crescendo en gemeenskapsgerigte opleiding indien ek deur die beoordelaars gekies word.
Ek verstaan ook dat my toelating tot die werkswinkel nie noodwendig ’n waarborg is dat ek aan ATKV-Crescendo se mentorprogram gaan deelneem nie. Die finale keuse vir deelname aan die mentorprogram sal deur die beoordelaars bepaal word volgens elke finalis se vordering tydens die werkswinkel.
1. Enige persoon mag inskryf met dien verstande dat hy/sy ouer as 18 jaar is
en aan die bepalings en voorwaardes voldoen.
2. Groep-inskrywings is welkom.
3. Alle inskrywings moet eie, oorspronklike komposisies wees.
4. As meer as een party by die skryf en komponeer van ’n liedjie betrokke was,
moet alle partye wettige goedkeuring tot die inskrywing verleen. Hierdie
toestemming is in geheel die verantwoordelikheid van die persoon wat die
inskrywing indien en die registrasie van die intellektuele eiendom van die
liedjie berus in geheel by dié persoon.
5. Elke inskrywing moet vergesel wees van ’n oudio-opname en ’n
afskrif van die lirieke van die liedjie.
Die volgende bepalings het betrekking op komposisies deur die skrywers en kunstenaars en die oorspronklike verwerkings wat opgevoer sal word, sowel as op enige verwerkings van bestaande en geregistreerde komposisies deur ander skrywers en die nodige is van toepassing op musikante:
a. Geen kunstenaar(s) en/of skrywer(s), wie aan die projek deelneem, mag die
liedjie voorheen opgeneem het en vir kommersiële doeleindes versprei het nie.
b. Die lirieke van die liedjie sal in sy geheel die eiendom van die
skrywer(s) bly, insluitend enige ander weergawes van die liedjie wat
tydens die finaal, en in oorleg met Crescendo se musiekregisseur
dalk skaafwerk benodig.
c. Die registrasie van die lirieke by NAMSAC, bly die verantwoordelikheid
van die liedjieskrywer(s) en/of medeskrywers.
d. Die registrasie van die lirieke kan by die Suid-Afrikaanse instansies gedoen
word as Namibiese burger: SAMRO, CAPASSO en SAMPRA (slegs indien die
liedjieskrywer(s) en/of medeskrywers ʼn Suid-Afrikaanse bankrekening het),
maar bly die verantwoordelikheid van die liedjieskrywer(s) en/of medeskrywers.
e. Indien ’n inskrywing deurdring na die ATKV Crescendo-finaal, behou die ATKV
hom die reg voor om ’n klank- sowel as ’n musiekvideo-opname van die liedjie
te gelas, en albei hierdie opnames sal vir altyd die eiendom
van die ATKV bly.
f. Die ATKV sal die verspreiding van beide opnames op
digitale verspreidingsplatforms behartig.
g. Die skrywer(s) onderneem om op eie onkoste die
uitdunfase by te woon indien hulle inskrywing(s) deurdring.
h. Die organiseerders onderneem om die onkoste van die skrywer(s) van die
liedjie(s), wat deurdring na die ATKV-Crescendo-finaal vir een week, of soos
bepaal deur die organiseerders, te dra en van alle huisvesting, etes en
kursusmateriaal te voorsien tydens die afrondingsprogram van ATKV-Crescendo.
i. Die mentors se besluit(e) is finaal en geen korrespondensie sal
daaroor gevoer word nie.
j. Inskrywings sal nie teruggestuur word nie.
k. Geen werknemers van die ATKV en die borge en/of hul gesinslede mag
deelneem nie. Die ATKV en die borge word gevrywaar teen enige eise wat
mag voortspruit uit deelname aan ATKV-Crescendo.
l. Met die ondertekening van hierdie vorm, bevestig ek dat ek kennis geneem
het van die ATKV se Artikel 18-kennisgewing op die organisasie se
amptelike webtuiste en stem ek in dat my persoonlike inligting
versamel mag word.
m. Met die ondertekening van hierdie vorm gee ek toestemming dat die ATKV
nie hoef te voldoen aan die verpligtinge wat Artikel 18(1) van die Wet
op Beskerming van Persoonlike Inligting uiteengesit word nie.
n. Met die ondertekening van hierdie vorm bevestig ek dat die ATKV my
spesiale persoonlike inligting, soos in Artikel 26 van die Wet op Beskerming
van Persoonlike Inligting uiteengesit, mag versamel